Welkom by Mizu

Therapy & Assessment

Opvoedkundige Sielkundige

(Neuropsigologie)

Kyk na ons inleidings-video vir meer inligting oor die dienste wat ons aanbied.

Inleiding

Inleiding

Ervaar u kind enige simptome wat verband hou met:

  • Aggressie
  • Angs
  • Depressie
  • Opposisionele Versteuring
  • Skolastiese Probleme

Kyk na ons inleidings-video om meer te wete te kom.

Speel video

Ek is ‘n Opvoedkundige Sielkundige, beter bekend as ‘n ‘Kinder-sielkundige’, wat praktiseer aan die Wes-Rand (Poortview). Ek bied verskeie terapieë, sowel as evaluerings van kinders vanaf die ouderdom van vier jaar en ouer (insluitend hoërskoolleerlinge en universiteits / technikon studente), aan. Terapieë sluit in speelterapie, sandlaai-terapie, psigo-dinamiese terapie, en kognitiewe-gedrags- terapie. Ek het ‘n spesifieke belangstelling in neuropsigologie, sowel as die Rorschach Inkklad Toets. Komplikasies wat in terapie aangespreek kan word, sluit in: angs, aggressie, bipolêre gedrag, depressie, enuresis, enkoprese, opposisionele gedrag, komplikasies met emosionele gebondenheid (‘attachment’), skeidingsangs, egskeiding, trauma en die rouproses.

Evaluerings sluit in skoolgereedheids-, neuropsigologiese, emosionele en skolastiese evaluasies vir alle ouderdomme, asook evaluering en diagnose van leerprobleme (lees, spel en wiskunde) en aandagafleibaarheid. Ek doen ook regs-mediese verslae, ouerbegeleiding sowel as vakkeuses en loopbaanbeplanning vir hoërskool en universiteit/technikon studente.

Alle inligting, terapie en evaluerings word streng vertroulik gehou.

(Vir ‘n volledige lys van dienste, verwys asseblief na ‘Dienste’.)

Vriendelike Groete,
Riza

Riza van der Merwe

My werk met kinders en pogings om tot hulle lewens by te dra deur nie vir hulle te vertel wat  om te sien nie, maar wel waar  om te kyk, het ook my eie lewe verryk. Ek beskou dit deel van my lewenstaak en my voorreg om betrokke te wees by kinders op hierdie manier en hulle emosionele reise mee te maak.

B.A.Comm | B.A. Hons (Psych) | M.Ed. (Psych) WITS

Practice No: 0414697 | Reg. No: PS 0114286

Meer oor Riza

Voordat ek myself as ‘n sielkundige bekwaam het, het ek op verskeie plekke in die wêreld oor gewerk en getoer, insluitend Europa, China, Hong Kong, Thailand, Taiwan en die VSA.

Ek het onderwys gegee vir voorskoolse, laerskool- en hoërskool-kinders, en het ook by die Nasionale Taiwan Universiteit klas gegee. Verder het ek kurrikulums geskryf vir vier tot elf jariges, joga-klasse aangebied, en kinderboeke geskryf (insluitend ‘n joga-boek wat kinders help om hul angs te hanteer en verskeie Engelse leesboeke).

Ek is sedertdien deurlopend besig om my kennis te verbreed deur op datum te bly met nuwe navorsing, insluitend kursusse in neuroanatomie deur die Universiteit van Michigan (VSA) en ‘n kursus in drie dele in neurologiese wetenskappe deur die Universiteit van Harvard (VSA).

Ek bied ook ‘n verskeidenheid van werkswinkels aan.

Sosiale Verantwoordelikheid

By Mizu neem ons, ons sosiale verantwoordelikheid ernstig op en werk saam met ondernemings soos die ATKV, departemente en skole om onderwysers en ouers se kennis aangaande verskeie uitdagings wat die leerproses kan belemmer, uit te brei. Idees word uitgeruil aangaande onderwerpe soos disleksie, aggressie en angs in kinders en spesifiek hoe om dit in die klaskamer effektief te hanteer. 

Dienste

Ek bied verskillende terapieë vir, sowel as assessering van, kinders vanaf die ouderdom van vier en ouer (insluitend hoërskool- en universiteits- / kollege-studente).

Moontlike uitdagings wat aangespreek word:

  • Aggressie
  • Angs
  • Hegtingsprobleme (Attachment)
  • Outisme
  • Bipolêre Gedrag
  • Depressie
  • Egskeiding
  • Enkoprese (Broekie-vuilmaak)
  • Enurese (Bed-natmaak)
  • Leerprobleme:
  • Disleksie (Lees en Spel)
  • Dysgrafie (Skryf)
  • Diskalkulie (Wiskunde)
  • Opposisie Gedrag
  • Skeidingsangs
  • Sibbe Wedywering
  • Sosiale Probleme
  • Trauma & Rou

Ons Praktyk

Bly Ingeskakel